|
Diefstal van straatnommers by wonings: Dit wil voorkom of daar baie min huise in Wellington is wat se nommers (metaal) nog nie van die huise af gesteel is nie. Dit mag dalk na ‘n onbenullige misdaad klink, maar hou gerus die volgende in gedagte: 1. As huise geen nommers het nie, hoe gaan die Polisie / Ambulans die huis opspoor in geval van nood? Hou dan in gedagte dat minute in baie gevalle die verskil is tussen lewe en dood. 2. As geen sake teen die kriminele (wat die nommers steel) gemaak word nie, hoe gaan die misdaad gestop word? Al sou die polisie die verdagte met die nommers in sy besit vind, kan hy / sy nie gearresteer word nie, tensy daar ‘n misdaad aangemeld was nie. Indien jou woning se metaal nommer dus op so plek aangebring is dat dit maklik gesteel kan word, sou dit dalk raadsaam wees om dit na ‘n plek verskuif waar dit steeds maklik sigbaar is, maar moeiliker sou wees om af te steel. Dit sou dalk ook raadsaam wees om dit voortydig met plastiek, verf of ander materiaal te vervang wat nie gesteel sal word nie. Die volgende eposse was van inwoners ontvang tov die diefstal van nommers. 1. “ Wil net noem dat die "nommerdiewe" so twee weke gelede ook in Berg-en-Dal bedrywig was. Twee van my bure se nommers is oa ook van hul huise afgesteel. Ek het hulle aangemoedig om dit by die polisie aan te meld, maar hul uitgangspunt was dat "die kool is die sous nie werd is nie". Hoe sê die spreekwoord: "Jy kan n perd tot by die water vat, maar hom nie laat drink nie". Groete Marius 2. “ Nou is ek sommer gatvol! Daar is probeer om my nommers ook van die muur af te steel. Van my ander bure se nommers is wel afgesteel. My wakker buurvrou het dit egter gesien en op die ou gegil. Hy het net gemompel en weggeloop. Die persoon wat dit probeer steel het, het vir Game (winkel) gemorspos uitgedeel. My vermoede is dat die meeste probleme van die klomp af kom. Hulle word met ‘ “vry hand” die woonbuurt ingestuur en kan tot by jou voordeur kom. Ja, daar is die bedelaars ook, maar wil ons graag die gemorspos he? Kan ons nie per straat gaan en ‘n persoon in elke straat laat die res van die straat (wat wil) ‘n petisie teken wat die gemorspos strooiers asook winkels verbied om die goed in ons buurt te strooi nie? Ons kan redelik gou ‘n hele buurt so dek. Groete Rian” 3. “ My bure se nommers is ook van hulle huise af gesteel. My buurvrou het egter gesien toe daar gepoog is om myne te steel en het die dief verwilder. Dit is die klomp wat gemorspos uitdeel (hierdie keer Game se gemorspos). Hy loop sowaar met ‘n skroewedraaier rond om die nommers te verwyder.” 4. “ Ek wil net reageer op die diefstal van metaal huisnommers - myne is ook op 'n Woensdag gesteel, en my eerste vermoede was ook dat die afleweraar van die Bolander was. Alwyn” ……………………………………………………………………………………………………………… Aanval op bejaardes, Roof Die onderstaande epos was van Gwen ontvang en die persoon wat sy hier beskryf, het ek by twee geleenthede self in die dorp opgemerk. Die eerste keer was agter SPAR waar hy met die ligbruin “ hoodie” op sy kop (om sy gesig te verberg ) tussen die motors rondgeloop het, (hulle was twee bymekaar) en die tweede keer (twee dae later) het ek op hom afgekom waar hy besig was om ‘n ou dronk man se sak uit sy hand te probeer vat. Ongelukkig was die ou man te dronk om ‘n verklaring af te lê, maar toe die verdagte deur die polisie gekonfronteer was, het hy onder andere ook ‘n sak ysterpype by hom gehad. “ ‘n Bejaarde dame, was pas uit die hospitaal toe sy by haar motorhek deur 2 bruin mans met Hoodies aan (hoop dis die regte benaming vir die truie of baadjies met kopstukke), aangeval en lelik aan die arms en hande beseer is. Dit het op 1 Mei om 16h00 gebeur by Bainstraat. Sy het haar motor uitgetrek na die sypaadjie en die deur sommer oopgelaat om dadelik weer in te klim nadat sy die hek toegemaak het. Voordat sy dit kon doen, is sy deur die genoemde 2 aangeval en van al haar juwele en haar handsak beroof met die genoemde beserings van snye en pers merke aan haar hande en arms. Op die Saterdag tevore,op 28 April, was sy ook by ‘n ander voorval betrokke naby die Spar in Wellington en of die twee gebeure verband hou, is moeilik te bepaal, maar geensins onmoontlik nie. Sy het ‘n bruin man wat suspisieus voorgekom het, waargeneem toe sy wou parkeer. Die persoon was binne sekondes skielik nie meer sigbaar nie en dit blyk toe dat hy aan die passasierskant gebukkend gestaan het. Toe sy dit sien het sy gevra wat hy daar maak en die sekuriteitsman van Spar het die polisie ontbied wat hom verwyder het. Skynbaar is die nuwe opus operandi dat dames se bande afgeblaas word en dan word hulp aangebied deur die skelm operateurs met verrykende gevolge vir so ‘n dame. Nadat sy aangeval was, het dit vir haar voorgekom of een van die aanvallers die bruin man voor Spar was, maar die kopstukke het uitkenning bemoeilik. Weet die SAPD van nog sulke voorvalle? Tot dus ver was ons in die dorp veilig by jou oprit en motorhek. Is dit die begin van meer sulke gevalle?? Groete, Gwen van Wyk” ………………………………………………………………………………………………….. Release of prisoners: As you probably know, there was a lot prisoners released on parole the past view weeks and I don’t think it will be necessary to elaborate on the problems it causes. By trying to manage the situation Organizations like the Andrew Murray Centre, do very good work in this regard, and any support to these people would be appreciated “ Dear Friend, Please could I ask you to be praying for Reg & I and the Andrew Murray Center (AMC) in the weeks ahead. Perhaps you read that there were over 300,000 prisoners who have or will be released up to 18months early (or prison sentence shortened dramatically) because of President Zuma’s Freedom day mandate. Those with 6-8 months left are all being released as I write this. This is a huge number of convicts that have no safety net when they get out and are largely very unprepared to re-enter society. Many of them came to know Christ in prison and now will be put to the test of the outside world! We expect to have many just show up at our doors looking for help and work. In the local Wellington prison of Hawequa about 2/3rds of the prisoners aged 18-24 will be released- that’s around 200 young men between 18-24 yrs! The AMC have 6 interns who just arrived yesterday: 3 from the US, 2 from Lesotho and one from the Easter Cape. They will be with us for 8 weeks and all are starting with the Restorative Justice course in Mulmesbury which Reg is teaching today and through the week. Reg is also 1/3rd through Authentic Manhood course with about 50 guys who meet every week for 24 wks. I am recruiting for Perspective’s Missions Course to be given to Sr leaders and influencers in our churches and Christian community and will be teaching SHAPE and other leadership & teamwork activities to the team. We also need prayer for the three job skills projects Reg created: Automotive Maintenance & Restoration, Window Screens (fly screens) & the Steel Security Door Plate. It is the perfect timing to launch these as job creation programs as it is a top concern with unemployment here over 40%. We need both partners for volunteers and parts/materials and funding . Our local prison – Hawequa- has just offered their welding shop and another prison has offered their automotive shop pending the head of prisons approval. Now we need volunteers who can help teach these trades and apply biblical principles. As these ex prisoners flood back to their communities we also need donations of bibles, soaps, razors, deodorant, towels, combs, toothbrush and paste and men’s clothing (there are over 170 male prisons and only 8 female prisons in SA) We can feel a great door of opportunity opening in the release of these prisoners and God has sent us extra hands through the team. We have some tremendous equipping opportunities so we know we are about to enter a great season. But satan has held this territory of prisoners for a very long time and won’t give up easy. Please put us on your prayer chain! Nancy Cowie Human Resources & Volunteer Coordinator Andrew Murray Center 082 854 6058 nancylcowie@gmail.com …………………………………………………………………………………………………………………… Twee belangrike geleenthede waarvan kennis geneem behoort te word. 1. ATKV toer na Sutherland ATKV Wellington se gewilde Sutherland toer vind weer op 21 en 22 Julie 2012 plaas. Moenie hierdie 10de toer misloop nie. Skakel Marinda @ 0769986140 om u plek te bespreek 2. Voorlegging deur Dr. ST Potgieter (Stres, Angs en Depressie by die werkplek ) Dr ST Potgieter kan nie gemis word nie! Hy is 'n bekende sielkundige van Bellville, 'n ervare spreker en ook die skrywer van twee boeke. Datum : Woensdag 16 Mei 2012 Tyd : 19h15 {kwart oor 7} Plek : Marthasaal, Jan van Riebeekstraat. Spreker : Dr ST Potgieter Onderwerp : Stres, Angs en Depressie by die Werkplek ………………………………………………………………………………….. Lasbeheereenhede vir elektrisiteit Ons het verskeie navrae gehad oor die “ lasbeheereenhede “ wat by wonings installeer word en hoop die epos van Johann sal bietjie meer lig hierop werp. (Baie dankie Johann) “ Ek wil net kortliks verduidelik wat die funksie is van die lasbeheereenhede wat in Drakenstein Munisipaliteit geïnstalleer word. (Ek praat egter nie namens enige iemand nie en is ook nie verbonde aan die munisipaliteit of Eskom nie.) Dit is in die eerste plek nie ʼn kragbesparingseenheid nie. Kragverbruikers gaan nie ʼn direkte invloed op hul elektrisiteitsrekeninge sien nie. Daar is moontlik indirekte finansiële voordeel vir die munisipaliteit, deurdat die piekverbruik (ook genoem maksimum aanvraag) verlaag word, maar of daardie voordeel vir ons deurgegee gaan word en of dit enige merkbare verskil aan ons elektrisiteitskoste in die toekoms gaan inhou is te betwyfel. Dit is eerder ʼn eenheid waarmee die munisipaliteit oor ʼn afstand sekere laste kan beheer (aanvanklik net die warmwatersilinders, maar later ook moontlik swempadpompe, lugversorging, ensomeer). Die doel is om die elektrisiteitsverbruikpieke te probeer skuif na tye van lae gebruik. In die geval tans wil hulle die warmwatersilinders afskakel tussen 18:00 tot 20:00 in die aand, sodat die warmwatersilinders nie aanskakel terwyl die nasionale verbruik ʼn piek bereik nie. Maar of jou warmwatersilinder nou tussen 18:00 tot 20:00 sou aanskakel of nie, deur dit te dwing om eers ʼn uur of twee later die water weer warm te maak gaan bitter weinig indien enige verskil maak aan elektrisiteitsrekeninge. Lasbeheer in die toekoms is ʼn gegewe en ons behoort enige poging in die rigting te ondersteun vir die eenvoudige rede dat dit ons nasionale elektrisiteitstoevoer help stabiliseer. Wat my egter krapperig maak is dat die munisipaliteit ʼn baie beter bewusmakingsveldtog kon loods en vir ons geleentheid kon gee om vrae te vra. Ek sou byvoorbeeld wou weet in watter mate hierdie ʼn stap na sogenaamde slimnetwerke is. Laastens, dat dit ʼn goeie idee is wat ons moet ondersteun beteken egter nie dat hulle in ons huise kan kom mors nie. As jy nie ʼn kwaliteit installasie kan doen nie sal hulle nie die voorreg hê om een by my te installeer nie. Niemand behoort in ons huise te kom mors nie. Groete Johann Strauss” ………………………………………………………………………………………………… Bejaarde soek verblyf: Indien iemand kan help, skakel asb sommer direk vir Riëtte: Ons het ‘n personeellid wat vir ons deeltyds werk – sy is 67 en moes ook nou haar plekkie ontruim. Sy soek net ‘n eenslaapkamer plek met ‘n kombuis wat sy kan huur– sy kan hoogstens R1000 per maand bekostig. Kan jy dalk so ‘n versoek rig – sal dit baie waardeer. Kontak nommer- 0723354612 anders kan hulle my bel by 0789346788/021 8735038 uitbreiding 2. Baie dankie! |