Wellington - Droom Nuusbrief 8   -  2013.10.28 

 4 518 Bome in die grond ! 

Wat ‘n prestasie! Sedert die begin van Augustus tot die middel van Oktober is 4 101 bome deur inwoners en 417 bome deur die Munisipaliteit, regdeur die hele Drakenstein Munisipalegebied geplant. Die vragmotors is gelaai en van Saron, Gouda en Hermon, deur Wellington tot in Paarl, is bome vir inwoners afgelaai. Baie inwoners het self bome by die Paarl Arboretum en by die Wellington Depot afgehaal. Kerke en skole het ook hulle deel ontvang. 

Hierdie uitsonderlike projek was moontlik gemaak deur ‘n finominale skenking van 4 000 bome, deur Mnr Carl Pretorius van Just Trees Groothandel Boomkwekery, aan die Munisipaliteit van Drakenstein. Die bome is daarna gratis deur die Munisipaliteit aan die inwoners beskikbaar gestel. Die voorwaarde was dat inwoners self die bo me plant en in die toekoms versorg. Baie, baie dankie aan elke inwoner wat hierdie geleentheid aangegryp het. Dankie ook aan Albert, Stef, Annelien, Sakkie en julle span vir al die ekstra werk en reëlings om die bome in die grond te kry. Dit is ‘n groot aksie wat suksesvol in ‘n rekordtyd afgehandel is! Gaan kyk gerus op die webtuiste van Just Trees na nog projekte waarby hulle betrokke is.

U kan daar ook verdere inligting en kontakbesonderhede opspoor. www.justtrees.co.za

Vir die volledige Nuusbrief kliek hier: Droom_Nuusbrief_No_8.pdf

Wellington - Droom Nuusbrief No 7    -      2013.10.25

 Die Winter is agter die rug ! Ons kan uitsien na naweke sonder reën en almal wat lief is vir tuinmaak is in die grond aan die werfskaf. Die laaang Droom stilte is soos in ons vorige nuusbrief verduidelik doelbewus so om te verseker dat Droom volhoubaar is – en ook om ons energie vir die projek te verseker!

Die Droom van ons het egter ‘n lewe van sy eie en gedurende die “stil” tyd het daar heelwat gebeur. Dit sal moontlik vir u ou nuus wees, maar ons wil tog graag in die nuusbrief erkenning gee aan daardie baie belangrike werk wat gedoen is. 

1. Hoek van Murray- en Jan van Riebeeckstrate 

Hierdie roostuin is ‘n goeie voorbeeld van wat kan gebeur wanneer ons hande vat. Die
aanvanklike .....   kliek hier om meer te lees:  Droom_Nuusbrief__No_7.pdf


 

 

Droom Nuusbrief no 6        2013.02.12


Ons het teen einde November eers opgehou met Droom projekte tot die lente van 2013. Die doel daarvan is om volhoubaarheid van die Droom te verseker. ‘n Lang uitgerekte en aanhoudende proses het die slegte gewoonte om stoom te verloor en uiteindelik tot stilstand te kom. Daar is egter inwoners wat met projekte anders as die aanplant van nuwe bome ens wil voorgaan en natuurlik geniet hulle ons volle ondersteuning.

Die begrafplaas oorkant St Alban skool was vir ons almal ‘n oogseer. Die gras was met tye so lank dat leerders daarin kon skuil wanneer die skooldag te veel moed verg! Grafte is ook gevandaliseer en rommel het oral rondgelê.

Lees Meer:    Droom_Nuusbrief_no_6_van_2013.pdf


Droom Nuusbrief No 5


Ons Droomprojekte van verlede jaar het afgesluit met die steggie-projek by Hugo Rust Laerskool. Dit was al laat in die plant seisoen en ons het nie geweet wat om te verwag van ons versoek vir saailinge, steggies of klein plantjies nie. Dit is wat ons ontvang het ...

Lees meer: Droom_Nuusbrief_No_5_van_2013.pdf

 


2012

Nuusbrief 1

Het jy al begin Droom?

Dit is so maklik om te Droom! Begin nou sommer net daar by jou eie huis en sypaadjie. Maak jou eie omgewing skoon en netjies, verf waar jy kan en plant bome en blomme vir ‘n vale! Dan daag jy jou buurman uit of miskien is dit nie nodig nie, hy sal sommer self aansteek as hy sien hoe mooi dit by jou lyk. Ruil plantjies uit en kuier.

Indien jy gelukkig is en reeds ‘n pragtige sypaadjie het, vat dan hande en help iemand anders om ook sy plek mooi te kry. Jy kan ook een van die koördineerders kontak en betrokke raak by van die groter projekte.

Ons volgende nuusbrief is oppad en daarin gee ons vir julle spesiale pryse en aanbiedinge deur wat ons kon onderhandel namens inwoners wat wil Droom.

Indien jy nou dink jy het in elk geval nie groen vingers nie, vra ons neem asseblief nogtans eienaarskap van jou omgewing. Hou ‘n oog oor wat gebeur in ons strate. Wees oplettend en rapporteer ongewensde aktiwiteite. So maak ons dit veiliger vir ons almal.

Ons sê byvoorbaat dankie vir daardie oorskiet verf in jou motorhuis of plantjies wat jy uitspit om ‘n boom te plant! Vra maar vir die inwoners wat reeds ‘n parkie aangeneem het of net sy eie sypaadjie opgedollie het – jy voel sommer trots! Probeer dit gerus!

Hier is ons 4de Droom-nuusbrief

Beste Dromers


Besoek Wellington se Droom nou op www.wellingtoninfo.co.za en op Facebook by Droom/Dream SA !!!
Baie dankie aan Attie Barnard (webwerf) en Beth Rautenbach van Port Shepstone (Facebook blad) wat ons by die inisiatief ingesluit het. Albei hierdie inisiatiewe is fantastiese geleenthede om ons pragtige dorp te bemark. Versprei die nuus asseblief.

Ontmoet die spesiale klomp tieners van Anthea se Tienerklub.

Lees meer:    Droom_4de_nuusbrief.pdf

Kliek om Nuusbrief 2 te open Kliek om Nuusbrief 3 te open